Erries President. In ons reeks oor skole se hoofleiers vir volgende jaar, gesels Schools That Rock met Mienke Cloete. Mienke, Erries President vir 2023, vertel ons meer van haarself en haar leierskap.
“Ek is ’n persoon wat staan vir reg en geregtigheid. Onregverdigheid kan ek nie hanteer nie! Ek is die leier wat praat vir dié wat nie vir hulle self kan praat nie. Dit is vir my baie belangrik om respek te verdien en nie respek af te dwing nie.
My persoonlike doelwit vir 2023 is eintlik só cliché, maar dit is om alles aan te pak met passie en my 110% te gee! Die oomblik as kinders in matriek kom, verloor hulle die vonk wat hulle vir vier jaar aan die skool gegee het. My doelwit is om my matriekjaar te eindig soos wat ek in graad 8 met passie en trots begin het!
My doelwit vir Erriesl vir 2023 is om almal betrokke te kry. Daar is so baie talent wat wegkruip in die skool, omdat kinders te skaam is om deel te neem aan sport en kultuur. Ek wil die wat wegkruip uit die donker gaan haal, sodat die son bietjie op hulle ook kan skyn! Kinders kort net iemand om in hulle te glo. Ons skool se lig gaan helder brand, omdat elkeen se lig skyn!
Grootste uitdaging
My grootste uitdaging in die skool was om net kop bo water te hou! Omdat ons op die platteland is, moet jy aan alles deelneem: hokkie, debat, tienertoneel, redenaars, spelfees, selfs dogterskrieket en soveel meer. Dit is baie lekker om besig te bly, maar soms vergeet jy van jouself langs die pad. Ek moes myself konstant herinner wat laat my tick en wat maak my gelukkig. ’n Mens kan maklik só besig wees om jou skool gelukkig te hou dat jy bietjie van jouself vergeet! Maar in dieselfde asem wil ek sê: ek sal nie een oomblik in Hoërskool Ermelo vir iets ander verruil nie!
Wat vir my die meeste uitstaan by Hoërskool Ermelo, is dat jy dadelik welkom voel as jy by ons skool aankom. Almal ontvang jou met ’n groot glimlag en selfs ’n drukkie as jy dit soek. Mens voel asof jy behoort, al is jy nie in die skool self nie. Hier ken ons mekaar op ons name; dit is net soveel meer persoonlik om iemand op hulle naam te groet. Dit wat vir my die meeste uitstaan by die Erries, is dat ons nederig genoeg is om te weet ons moet hard werk om iets te wil bereik. Maar ons het die selfvertroue om te weet ons verdien net die beste!
My ma, my inspirasie
Die persoon na wie ek opsien vir inspirasie en mentorskap is MY MA!!! Ek is vandag waar ek is as gevolg van my ma. Sy is ’n ystervrou met ‘n sagte hart. Sy het my groot gemaak met liefde en omgee en in vandag se samelewing is dit baie skaars. Sonder haar en die Here aan my kant sou ek nie alles kon bereik het wat ek al bereik het nie. Ek wil eendag ’n ma wees soos sy en as ek nie so kan wees nie, het my kinders ten minste ‘n cool ouma!”
Jy is ‘n kombuisartikel. Wat is jy en hoekom? “Ek is ‘n mes, want ek kan botter en konfyt smeer. Met ander woorde: ek kan motiveer en opbou en die lewe interessant maak, maar ek kan sny ook. Hiermee bedoel ek nie afbreek nie. Maar ek kan besluite neem en weet wanneer om die lyn te trek. Ek weet watter negatiewe goed om af te sny.
My vriende sal my beskryf as ’n dromer met ’n sagte hart maar ’n harde kop! Ek is ’n veilige hawe wat hulle enige iets mee kan deel. Ek is altyd vriendelik en ek lag vir alles.”
Wat motiveer jou om jou ideale te bereik? “Ek wil ’n onafhanklike vrou wees wat sterk is in myself. Ek wil nie eendag wakker word en dan het ek al my drome prysgegee vir ’n lewe by die huis en kinders grootmaak nie. My kinders wil ek groot maak sáám met my drome. Ek wil my kinders kan leer om vir niks in die lewe terug te staan nie. DÃt is my motivering om my ideale te brereik, sodat ek my kinders ook kan laat groot droom!”
Word deel van Erries
Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van Erries te word? “As jy deel is van die Erries is jy deel van iets spesiaal. Daar is iets magical daaraan om deel van EHS te wees. By ons is jy nie net ’n getal nie; jy is ’n mens wat al jou drome en passies kan uitleef met ’n groot ondersteunings-netwerk! Hier is jy NOOIT alleen nie!”
Wie is jou gunsteling onderwyser en hoekom? “Daar is rêrig baie om van te kies! Daar het al so baie onderwysers ’n impak gemaak in my lewe dat ek gaan sleg voel as ek nie almal noem nie! Maar een van die baie is Juffrou Mariaan Rust. Sy is net wie sy is en gee nie voor om ander te beïndruk nie. Sy glo in jou en laat jou spesiaal voel. Jy kan enige iets vir haar vertel: sy is jou vriendin en onderwyser, alles in een! Jy kan haar met enigiets vertrou. Sy het al my liefde en respek!”
Mienke, wat is jou toekoms-ideale? “Ek wil baie graag gaan studeer en ’n graad agter my naam kry. Ek wil in die rigting van Regte gaan. Stellenbosch is my droom universiteit, maar die Here het ’n plan vir my en solank ek volgens Sy wil leef, glo ek sal my lewe uitwerk soos wat dit moet! Ek is bang, maar tog opgewonde oor die toekoms. Vir nou is ek egter ’n hoofleier van EHS en ek gaan alles en nog meer gee vir die jaar wat kom!”
Erries President
In our series on schools’ main leaders for next year, Schools That Rock talks to Mienke Cloete. Mienke, Erries President for 2023, tells us more about herself and her leadership.
“I am a person who stands for law and justice. Unfairness I can’t handle! I am the leader who speaks for those who cannot speak for themselves. It is very important for me to earn respect and not command respect.
My personal goal for 2023 is actually so cliché, but it is to tackle everything with passion and give me 110%! The moment children enter matric, they lose the spark that gave them to the school for four years. My goal is to end my matric year as I started with passion and pride in Grade 8!
Biggest Challenge
My biggest challenge in school was to just stay afloat! Because we are in the countryside, you have to take part in everything: hockey, debate, teenage scene, public speaking, spelling festival, even girls cricket and so much more. It’s really nice to keep busy, but sometimes you forget about yourself along the way. I had to constantly remind myself what makes me tick and what makes me happy. You can easily be so busy keeping your school happy that you forget a bit about yourself! But in the same breath, I want to say: I wouldn’t trade one moment in Ermelo High School for something else!
What stands out most to me at Ermelo High School is that you immediately feel welcome when you arrive at our school. Everyone receives you with a big smile and even a hug if you look for it. You feel as if you belong, even if you are not in school itself. Here we know each other by our names; it’s just so much more personal to greet someone by name. What stands out most to me at the Erries is that we are humble enough to know we have to work hard to achieve something. But we have the confidence to know we deserve only the best!
My mother, my inspiration
The person I look up to for inspiration and mentorship is MOM!!! I am where I am today because of my mother. She is an iron woman with a soft heart. She raised me with love and care and in today’s society it is very rare. Without her and the Lord on my side, I would not have been able to achieve everything I have achieved. I want to be a mom like her one day and if I can’t be like that, at least my kids have a cool grandma!”
You’re a kitchen article. What are you and why? “I’m a knife because I can spread butter and jam. In other words: I can motivate and build up and make life interesting, but I can also cut. By this I do not mean breaking down. But I can make decisions and know when to draw the line. I know what negative stuff to cut down on.
My friends would describe me as a dreamer with a soft heart but a hard head! I’m a safe haven that they can share anything with. I’m always friendly and I laugh at everything.”
What motivates you to achieve your ideals? “I want to be an independent woman who is strong in myself. I don’t want to wake up one day and then I’ve given up all my dreams for a life at home and raising children. My children I want to raise together with my dreams. I want to be able to teach my children not to stand back for anything in life. This is my motivation to live up to my ideals so that I can make my children dream big too!”
Becoming part of Erries
Why would you advise learners to also become part of Erries? “If you’re part of the Erries you’re part of something special. There’s something magical about being part of EHS. With us, you are not just a number; you are a human being who can live all your dreams and passions with a great support network! Here you are NEVER alone!”
Who is your favorite teacher and why? “There’s really a lot to choose from! So many teachers have made an impact in my life that I’m going to feel bad if I don’t name them all! But one of the many is Miss Mariaan Rust. She is just who she is and does not pretend to impress others. She believes in you and makes you feel special. You can tell her anything: she is your girlfriend and teacher, all in one! You can trust her with anything. She has all my love and respect!”
Mienke, what are your future ideals? “I really want to study and get a degree after my name. I want to go in the direction of Law. Stellenbosch is my dream university, but the Lord has a plan for me and as long as I live according to His will, I believe my life will work out as it should! I’m scared, yet excited about the future. For now, though, I’m a lead leader of EHS and I’m going to give everything and more for the year to come!”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf