Die groep EHS-leerders wat die Bonsmara Beesfees bygewoon het
Op Dinsdag, 27 Augustus, het die graad 11-landbouleerders van Hoƫrskool Ermelo, die Boshoff en Bloemendal Bonsmaras se jaarlikse Beesfees bygewoon op die plaas Brakfontein, distrik Leandra.
Die volgende sprekers het baie belangrike inligting aan die leerders oorgedra met die volgende temas:
- Faffa Malan: Praktiese biosekuriteit op Suid-Afrikaanse plase. Hierna word verwys as āhekke, harsings en heinings.ā
- Nick Serfontein: Die impak van Grondhervorming in Suid-Afrika en die toekoms van die vleisbedryf.
- Hierna volg die bespreking van die veilingsdiere deur senior Bonsmara SA-keurders wat spesifiek verwys na die belangrike eienskappe van `n top Bonsmara-bees.
Die leerders het dit baie geniet en baie geleer. Al die sprekers het die leerders positief geĆÆnspireer oor die toekoms van landbou in Suid-Afrika.