Op Vrydag 31 Mei het Hoërskool Ermelo aan die semi-finale rondte vir 2019 se ATKV-redenaars deelgeneem te HTS Middelburg.
Die standaard van dié kompetisie was, soos elke jaar, baie straf, maar die Erries het kop en skouers bo die res uitgestaan.
EHS is trots op elkeen wat aan die rondte deelgeneem het, maar veral op die volgende vier leerders wat onder die top tien geëindig het: Karabo Nkosi eindig vierde in die junior Afrikaans Addisionele Taal Voorbereid-afdeling en Dirk Maritz sesde in die junior Afrikaans Huistaal Onvoorbereide-afdeling.
Zané du Plessis en Mienke Cloete behaal onderskeidelik ‘n eerste en ‘n derde plek in laasgenoemde afdeling.
Zané en Mienke kwalifiseer om aan die finaal van die ATKV-redenaars deel te neem wat in Augustus te Goudini Spa plaasvind.
Baie geluk aan elke redenaar wat deelgeneem en EHS se naam hoog gehou het. Sterkte aan Zané en Mienke vir die finaal wat voorlê.
Die Erries is saam met julle opgewonde.
Foto: Links is Mienke Cloete en regs Zané du Plessis