)

Erries dring deur na ATKV-finaal

Op Vrydag 31 Mei het Hoërskool Ermelo aan die semi-finale rondte vir 2019 se ATKV-redenaars deelgeneem te HTS Middelburg.

Die standaard van dié kompetisie was, soos elke jaar, baie straf, maar die Erries het kop en skouers bo die res uitgestaan.

EHS is trots op elkeen wat aan die rondte deelgeneem het, maar veral op die volgende vier leerders wat onder die top tien geëindig het: Karabo Nkosi eindig vierde in die junior Afrikaans Addisionele Taal Voorbereid-afdeling en Dirk Maritz sesde in die junior Afrikaans Huistaal Onvoorbereide-afdeling.

Zané du Plessis en Mienke Cloete behaal onderskeidelik ‘n eerste en ‘n derde plek in laasgenoemde afdeling.

Zané en Mienke kwalifiseer om aan die finaal van die ATKV-redenaars deel te neem wat in Augustus te Goudini Spa plaasvind.

Baie geluk aan elke redenaar wat deelgeneem en EHS se naam hoog gehou het. Sterkte aan Zané en Mienke vir die finaal wat voorlê.

Die Erries is saam met julle opgewonde.

Foto: Links is Mienke Cloete en regs Zané du Plessis

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal