Op Saterdag 21 Julie 2018 het Hoƫrskool Ermelo se dogters-hokkiespanne in die
Mpumalanga-finale op Curro Bankenveld se Astro gespeel.Ā Al vier spanne het geĆ«indigĀ as Mpumalanga-kampioene!
Baie geluk aan die o/14A-span van me. Carika van Dyk wat in die finaal teen HoĆ«rskool Middelburg gemaklik gewen het met 6-1.Ā Die doele is aangeteken deur Kayla van der Meyden wat drie doele geslaan het en Carla Ferreira, Caylin Loock en Danel Olivier wat elk een doel aangeteken het.
Die o/15A-span van me. Anna-Marie van Heerden het in `n harde wedstryd teen HoĆ«rskool Volksrust gespeel.Ā Die eindtelling was 3-2 in die Erries se guns.Ā Hierdie span was vroeg in die begin 0-1 agter, maar het Errie-guts gewys.Ā Die doele is aangeteken deur Margha Greyling wat twee doele geslaan het en Anke de Kock wat een doel aangeteken het.
Die Tweedespan van me. Linda Horn het hul seisoen op `n hoogtepunt afgesluit.Ā Hierdie span het te staan gekom teen HoĆ«rskool Standerton en wen gemaklik met ān telling van 7-1.Ā Baie geluk aan Gerzanda Fourie en Clariz Olivier wat elk twee doele geslaan het met Lana Grobler, TheanĆ© Arnoldi en ZelnĆ© de Jager wat elk een doel aangeteken het.
Die HoĆ«rskool Ermelo Calstar Eerstes Dogtershokkiespan van me. Elana Fourie het te staan gekom teen HoĆ«rskool Middelburg.Ā Dit was `n titaniese stryd wat die Erries gewen het met ān telling van 2-1.Ā Baie geluk aan Yonette Fourie en Marla Oosthuizen wat die doele geslaan het.
Die Erries is trots op die o/14A-, o/15A- en HoĆ«rskool Ermelo Calstar Eerstes Dogtershokkie-span wat almal deurdring na die Noordvaalkompetisie.Ā Die o/16 A-span speel volgende week uit om te bepaal of hul deurgaan na Noordvaal.
Die o/16A-rugbyspan van EHS het Saterdag teen HoĆ«rskool Secunda kragte gemeet om mee te ding om die derde plek in Mpumalanga en om so ān plek in die Virseker trofee-uitspele te verseker.
Die Erries was vroeg in die wedstryd op die agtervoet toe hulle met 19-0 agter was. ān Groot terugvegpoging van die Erries het veroorsaak dat die Erries laat in die tweede helfte voor was met die telling op 33-22 in die Erries se guns. Die bal het egter reg gehop vir Secunda en hulle teken in die doodsnikke van die stryd punte aan en wen met ān telling van 34-33. Die puntemakers vir diĆ© span, is Luke Bulford met twee drieĆ«, Lourens Erasmus en Dylan Dewar het elk een gedruk en Thamsanqa Nyantsumbe het ook een drie gedruk, asook vier uit die vyf drieĆ« verdoel.
Die Erries sĆŖ baie dankie aan die borge en die gemeenkap vir die ondersteuning deur die.
Foto bo:Ā Eerstespan:
Links voor:Ā Marla Oosthuizen, JanicĆ© Harmse, Hannah Cloete, Nicole Venter, SimonĆ© Ferreira, Klarissa Joubert en Kyla Grobler.
Links agter:Ā HannĆ© Swart, me. Elana Fourie, RuanĆ© Huber, Yonette Fourie, DanĆ© du Plessis, Kelly-Anne Bourn, Lydia Landman, BernĆ© de Kock, Leandri Beyer en Nicole van der Merwe.