)

Erries domineer Mpumalanga-finaal

Op Saterdag 21 Julie 2018 het Hoërskool Ermelo se dogters-hokkiespanne in die

Mpumalanga-finale op Curro Bankenveld se Astro gespeel.  Al vier spanne het geëindig  as Mpumalanga-kampioene!

Baie geluk aan die o/14A-span van me. Carika van Dyk wat in die finaal teen Hoërskool Middelburg gemaklik gewen het met 6-1.  Die doele is aangeteken deur Kayla van der Meyden wat drie doele geslaan het en Carla Ferreira, Caylin Loock en Danel Olivier wat elk een doel aangeteken het.

Die o/15A-span van me. Anna-Marie van Heerden het in `n harde wedstryd teen Hoërskool Volksrust gespeel.  Die eindtelling was 3-2 in die Erries se guns.  Hierdie span was vroeg in die begin 0-1 agter, maar het Errie-guts gewys.  Die doele is aangeteken deur Margha Greyling wat twee doele geslaan het en Anke de Kock wat een doel aangeteken het.

Die Tweedespan van me. Linda Horn het hul seisoen op `n hoogtepunt afgesluit.  Hierdie span het te staan gekom teen Hoërskool Standerton en wen gemaklik met ‘n telling van 7-1.  Baie geluk aan Gerzanda Fourie en Clariz Olivier wat elk twee doele geslaan het met Lana Grobler, Theané Arnoldi en Zelné de Jager wat elk een doel aangeteken het.

Die Hoërskool Ermelo Calstar Eerstes Dogtershokkiespan van me. Elana Fourie het te staan gekom teen Hoërskool Middelburg.  Dit was `n titaniese stryd wat die Erries gewen het met ‘n telling van 2-1.  Baie geluk aan Yonette Fourie en Marla Oosthuizen wat die doele geslaan het.

Die Erries is trots op die o/14A-, o/15A- en Hoërskool Ermelo Calstar Eerstes Dogtershokkie-span wat almal deurdring na die Noordvaalkompetisie.  Die o/16 A-span speel volgende week uit om te bepaal of hul deurgaan na Noordvaal.

Die o/16A-rugbyspan van EHS het Saterdag teen Hoërskool Secunda kragte gemeet om mee te ding om die derde plek in Mpumalanga en om so ‘n plek in die Virseker trofee-uitspele te verseker.

Die Erries was vroeg in die wedstryd op die agtervoet toe hulle met 19-0 agter was. ‘n Groot terugvegpoging van die Erries het veroorsaak dat die Erries laat in die tweede helfte voor was met die telling op 33-22 in die Erries se guns. Die bal het egter reg gehop vir Secunda en hulle teken in die doodsnikke van die stryd punte aan en wen met ‘n telling van 34-33. Die puntemakers vir dié span, is Luke Bulford met twee drieë, Lourens Erasmus en Dylan Dewar het elk een gedruk en Thamsanqa Nyantsumbe het ook een drie gedruk, asook vier uit die vyf drieë verdoel.

Die Erries sê baie dankie aan die borge en die gemeenkap vir die ondersteuning deur die.

Foto bo: Eerstespan:
Links voor:  Marla Oosthuizen, Janicé Harmse, Hannah Cloete, Nicole Venter, Simoné Ferreira, Klarissa Joubert en Kyla Grobler.
Links agter:  Hanné Swart, me. Elana Fourie, Ruané Huber, Yonette Fourie, Dané du Plessis, Kelly-Anne Bourn, Lydia Landman, Berné de Kock, Leandri Beyer en Nicole van der Merwe.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal