18 Leerders van Hoƫrskool Ermelo het Maandagmiddag, 13 Augustus, aan die Radikale Redenaarskompetisie te Ligbron Akademie vir Tegnologie deelgeneem en uitstekend presteer.
Die volgende Erries gaan deelneem aan die Mpumalangafinaal wat sal plaasvind op Saterdag 25 Augustus te Cambridge Academy in Witbank:
Anke van Biljon (Gr. 8), Frikkie de Winnaar (Gr. 8), Amanda Lottering (Gr. 8), GĆ¼nter Badenhorst (Gr. 9), Anja Wege (Gr. 10), Elizia van Heerden (Gr. 10), Aalia Deedat (Gr. 11) en VandrĆ© Swart (Gr. 12).
VandrĆ© gaan ook aan die Nasionale Finaal deelneem wat plaasvind op 13 Oktober in Pretoria met sy Afrikaanse PoĆ«sie voorlesing. Dit is ān besondere prestasie.
Baie geluk aan elke leerder en sterkte met die voorbereiding en die volgende ronde. Dankie aan elkeen wat ān positiewe bydrae op kultuurgebied lewer. Die Erries is trots op julle!
Foto bo:
Voor (vlnr): Anke van Biljon, Aalia Deedat, Amanda Lottering
Agter (vlnr): Frikkie de Winnaar, Elizia van Heerden, Anja Wege en VandrƩ Swart