)

Erries blink uit tydens ATKV-Tienertoneelkompetisie

Die Ermelo-streekskompetisie van die ATKV-Tienertoneel is vanjaar weereens in die Ouditorium van Hoƫrskool Ermelo aangebied. 16 Toneelgroepe het vanaf Dinsdag 31 Julie tot Vrydag 3 Augustus opgetree. Op Saterdag 4 Augustus het die top vier produksies in die streeksfinaal meegeding.

HoĆ«rskool Ermelo het twee toneelstukke ingeskryf – Meisiekoshuis en Update. Albei is geskryf deur Gustav Pƶhl en het bronssertifikate ontvang vir die nuutgeskrewe teks. Me. Lizanne Dippenaar was die regisseur van Update. Die stuk handel oor sosiale media wat ā€˜n groot rol in die lewens van tieners speel. Die karakter Kevin manipuleer al sy vriende se sosiale media-profiele totdat hy aan die einde kry wat hy graag wil hĆŖ – niemand anders nie as die beeldskone Jenny.

Luhan Meyer, GJ Swart, Junicke Broekman, AlonĆ© Arnoldi en Rikus Cilliers ontvang elkeen ā€˜n bronssertifikaat vir hulle spel en die stuk ontvang ā€˜n bronssertifikaat vir kostuums.Ā Meisieskoshuis, ook ā€˜n EHS-stuk onder leiding van Me. Mariana de Jager, behaal ā€˜n besondere derde plek in die streeksfinaal! Die klug is tipies van wat gebeur tydens groentjieskonserte.

Die onderskeie koshuise sal enige iets doen om te wen – selfs die teks van die ander koshuis steel! Die Grotseuns en Paddatjies (graad 8-seuns en –dogters) staan verstom oor al die koshuis-manewales terwyl die matrieks allerhande stuitige planne beraam. Juffrou Walter en meneer Visser (koshuisouers) sorg ook vir ā€˜n paar komiese oomblikke.
SharnƩ en Ashton du Plessis kwyt hul uitstekend van hul taak as klank- en beligtingoperateurs.

Meisieskoshuis ontvang bronssertifikate vir regie, kostuums en stelontwerp. Bronssertifikate word ook toegeken aan Nicole Smith, TheanĆ© Arnoldi, Charis Brundyn en Nicole Venter vir ensemble. ZelnĆ© de Jager, Baruch Büchling, Gejhan Thyssen, Tjaart Eloff, Zara Büchling, DanĆ© Thirion en Desmond Slabberts ontvang elkeen ook bronssertifikate vir ensemble en spel. VandrĆ© Swart spog met ā€˜n silwersertifikaat vir sy toneelspel.

Gedurende die week het Wilhelm van der Walt en Nico Scheepers as beoordelaars opgetree en Saterdagaand het Cintaine Schutte en Vianney Farmer by Nico aangesluit.

Baie geluk aan hierdie Erries wat uitgeblink het op die verhoog.

EHS is werklik baie trots op elkeen van julle.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal