Errie-Wildehonde is hard aan die oefen. Hoërskool Ermelo se minihokkie-seisoen, die Wildehonde het op Vrydag 20 Augustus 2021 afgeskop op die EHS astrobaan.
Pricilla Esterhuyze dien as hoofafrigter en werk weekliks oefeninge uit vir die aspirant hokkiesterre. Vandeesweek het die Errie-Wildehonde gefokus op trekke na vore en na agter, basiese aangee-werk, sowel as aangee- en ontvangtegnieke. Tydens die afrigtingsessies maak die afrigters seker dat elke Wildehondjie al die vereiste oefeninge onder die knie kry. Mini-wedstyde word aan die einde van die onderskeie sessies gespeel.
Vir die afrigters is dit ‘n voorreg en vreugde om met al die jong en belowende talent te werk. Die hoofdoel van die Errie-Wildehonde is dat elke Wildehondjie hard moet oefen. Hulle moet die oefeninge terdeë geniet, met die hoop dat ‘n liefde vir hokkie onder die kinders sal posvat.
Indien daar nog enige belangstellende is wat graag deel sou wou word van die EHS Wildehonde minihokkie, is sodanige persoon baie welkom.
Dit maak nie saak hoe klein jy is nie; by die Wildehonde word ‘n liefde vir hokkie gekweek!
Meer oor Hoërskool Ermelo:
https://schoolsthatrock.co.za/category/latest-news/
Foto’s verskaf