Tydens die Western Mounted Games se Streeks- en Interprovinsiale kompetisie wat gehou is op 8 en 9 Augustus 2021 het Juandré le Roux goeie prestasies behaal.
In die Distriksbyeenkoms op 8 Augustus 2021 behaal Juandré in Vlak 4 Algeheel 4de plek (4x3de plekke; 2x4de plekke) met sy perd Naziir.
Op vlak 2 behaal Juandré met Painting the Sky – Algeheel 1ste plek (3x1ste; 1x 4de plek; 1 x 7de plek en 1x 9de plek)
In die Inteprovinsiale byeenkoms van 9 Augustus 2021 behaal Juandré in vlak 4 algeheel 3de plek (2 x 2de plekke; 2 x 3de plekke en 2 x 4de plekke) met sy perd Naziir.
Op Vlak 2 behaal Juandré met Painting the Sky – Algeheel 1ste plek (2 x 1ste; 1 x2de; 1x 3de; 1 x 5de plek en 1 x 7de plek)
Juandré gaan in Oktober aan die Nasionale Western Mounted Games-kompetisie deelneem, wat in Parys gehou word.
Juandré baie geluk met hierdie prestasie!
Trekkertrots!
Meer oor Bethlehem Voortrekker Hoërskool
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-sports/
https://www.voortrekker.co.za/
Foto verskaf