Hoërskool Ermelo se tennisspanne het op Maandag en Dinsdag, 13 en 14 Augustus, aan die Hoëveldliga in Secunda deelgeneem. Daar het 39 spanne teen mekaar meegeding.
Die Errie-seuns het baie goed presteer en behaal die volgende plekke:
Die eerste- en tweedespan eindig albei tweede in die liga. Die derdespan eindig derde en die vierdespan wen die liga.
EHS se dogters kwyt hul net so goed van hul taak met die eerstespan wat vierde eindig, die tweedespan wat ‘n tweedeplek behaal en die derdespan wat as ligawenners uittree.
Op Vrydag 17 Augustus het die vierdespan seuns en die derdespan dogters in die Mpumalangafinaal in Secunda gespeel. Die dogters het in die finaal teen Steelcrest High geseëvier en wen die Mpumalangafinaal! Die seunspan verloor ongelukkig teen Hoërskool Nelspruit in die finaal wat dié EHS-span ‘n tweede plek besorg in Mpumalanga!
Baie geluk aan elke tennisspeler wat puik gedoen het! EHS is trots op julle.
Tennis bly vir die Erries ‘n unieke, genotvolle sportsoort wat karakter bou.
Die leerders het hulself terdeë geniet en is opgewonde oor die komende Sun City-toernooi wat aan die einde van die derde kwartaal gaan plaasvind.











