)

Errie-krieket ryg oorwinnings in

Op Donderdag, 12 Augustus, speel Hoërskool Ermelo se tweede krieketspan teen Hoogenhout. EHS se teenstanders wen die loot en eindig met ‘n telling van 158 vir ses in hul toegelate 20 boulbeurte. Eben Jonker en Danie van Rooyen blink uit tydens hulle boulbeurte deur elk twee paaltjies te neem.

Die Erries was reeds vroeg in hul kolfbeurt op die agtervoet met vyf paaltjies wat hulle verloor voordat die lopies 50 tref. Dylon Dewar en Pedri Lourens, onderskeidelik 40 en 24 lopies, het die Erries tot naby die wentelling gebring.
In ‘n naelbytwedstryd beklink die Erries die oorwinning met ‘n groot ses vanaf Merger Sibanyoni se kolf en wen EHS die stryd met slegs een paaltjie en vyf balle oor van die beurt.

Baie geluk aan hierdie span wat nie gaan lê het nie en bly veg het vir die oorwinninng wat hulle verdien. Hoërskool Ermelo o/14A- krieketspan het dieselfde dag teen Hoërskool Standerton gespeel.

Die Erries het die loot gewen en eerste gekolf. Hulle het ‘n pragtige 197 lopies in 20 beurte aangeteken. Wian Swart met sy ‘n 50-tal wat hy aangeteken het, asook Juan Paul Labuschagne wat n uitstekende 105* lopies gekry het (n.u.n.) was die uitblinkers van die dag.

Standerton het 105 loopies aangeteken in hulle kolfbeurt en laat die Erries met ‘n oorwinning van 92 lopies.

Baie geluk aan die span seuns met pragtige krieket!

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal