Hoƫrskool Ermelo se o/14A-, o/15A-, o/16A-rugbyspanne, asook die tweedespan het die voorreg om tydens 2019 se rugbyseisoen in wedstryddrag te speel wat deur Highveld Nashua geborg is.
Hoƫrskool Ermelo bedank graag Jan Thirion van Highveld Nashua vir die geleentheid en vir die volgehoue ondersteuning. EHS sal met trots die klere dra soos dit ware Erries betaam!
Foto bo: (vlnr): Mnr. Jan Thirion, Tiaan Grobler (o/15A-kaptein), Cabang Mbokane (tweedespan-kaptein), Lourens Erasmus (o16A-kaptein) en Pieter Jacobs (o/14A-kaptein)