Op Maandag 11 Maart, het die graad 11-Landbouleerders van Hoƫrskool Ermelo die appelpakhuis in Ermelo besoek.
Dit was ān baie insiggewende en leervolle dag. Mnr. Dawid Reyneke, bestuurder van die pakhuis, het die leerders ingelig oor hoe die hele proses werk van die oes van die appels tot by die verpakking en verkope.
Die leerders het geleer van klassifisering, gradering, verpakking en bemarking van appels. Die tegnologiese vooruitgang in die appelbedryf was veral baie interessant. Hulle het ook beleef hoe wetenskaplike beginsels gebruik word tydens die suikerinhoud-bepaling van die appels.
Baie dankie aan Mnr. Dawid en Tannie Koula vir al die moeite en ān onvergeetlike ervaring.
Foto bo: Die groep graad 11ās tydens die uitstappie