)

Errie-pionne en hul kookwater-groentjiekonsert

Op Woensdagaand, 13 Maart, het die tyd weer aangebreek vir Hoërskool Ermelo se alombekende Groentjiekonsert.

Die dirigente van die onderskeie huise het die dag se verrigtinge afgeskop met ‘n inkoms op EHS se teerblad. Die Errie-gees was aansteeklik en het gesorg vir gesonde kompetisie tussen die onderskeie huise. Na die geesvang op die teerblad, het die optog na Laerskool J.J. van der Merwe begin om die jongspan ook ‘n blik te gee op die opwinding van Errie-wees.

Dorp het eerste hul opwagting gemaak met die tema “Braveheart”. Daarna was dit Nelstehuis se beurt en dié koshuis het “Grease” as hul tema gekies. Laaste,maar nie die minste nie, was Veltman aan die beurt. Die jongmanne se tema “Special Force, USA” het groot indruk gemaak.

Die groentjiekonsert vir die leerders het die aand plaasgevind. Die aanloop tot die konsert was as volg: op 26 Februarie 2019 is vanjaar se tema aan die onderskeie huise meegedeel. Legend, integriteit, proppies en pionne is as temas gekies asook ‘n Superhelp wat elke huis as karakter moes inspan (Wonder Woman, Superman en Catwoman). Daarmee saam moes elke konsert ‘n graad 8-groepdans, advertensie en nuusberig insluit.

Die skryf van die toneelstukke, die voorbereiding en afrigting daarvan, die reëlings, dekor en kostuums tot die uitwerk van danse en dies meer was alles die verantwoordelikheid van die leerders. Intussen was leerders agter die skerms ook nog besig met akademie, sport en kultuur. Alles moes afgehandel word binne die bestek van slegs twee weke!

Hierdie uitdaging is jaarliks vir die Erries ‘n enorme leerskool waar hul kreatiwiteit, uithouvermoë, leierskap, menseverhoudings en beplanningsvaardighede geslyp en behoorlik op die proef gestel word. Daar is op die dag van die groentjiekonsert ook aan elke huis ‘n verrassingselement gegee wat geïnkorporeer moes word in die konsert.

EHS se groentjiekonsert is jaarliks ‘n ongelooflike belewenis en die gemeenskap staan keer op keer verstom oor dit waartoe die leerders in staat is en die uitsonderlike kwaliteit van die konsert.

Addisioneel tot die konsert is daar ook jaarliks ‘n huisdans wat die gr. 9’s tot 11’s van elke huis moet uitwerk op voorgeskrewe liedjies en wat opgevoer word voor die betrokke huis se konsert. Dié danse spreek ook van harde werk,vasberadenheid en (dikwels) verskuilde talent.

Die bekendmaak van die groentjiekonsert se uitslae is ‘n baie senutergende aangeleentheid en die opbou daartoe laat menige Errie-hart in die keel klop. Hier volg dan Hoërskool Ermelo se 2019 Groentjiekonsert se uitslae:

Huis Veltman wen pryse vir beste dirigente, beste advertensie en beste nuusberig. Die prys vir die beste akteur gaan aan ‘n Veltman-graad 8: Arnau Champaud.

Dorp ontvang pryse vir die beste uitbeelding van die tema, beste kostuums en, saam met Nelstehuis, beste dekor.

Nelstehuis blink uit in vanjaar se groentjies en ryg verskeie pryse in: beste huisdans, beste groentjiedans, beste humor, beste gebruik van die verrassingselement, beste dekor (deel met Dorp), beste konsert, asook twee individuele pryse vir die beste aktrise, Johnke Prinsloo, en die beste storieverteller, Mienke Cloete. Nelstehuis stap weg met die louere as algehele wenners van 2019 se Groentjiekonsert!

Baie geluk aan elke leerder wat met trots en passie sy/haar huis, maar nog belangriker, Hoërskool Ermelo, verteenwoordig het. Die Erries is dankbaar vir pragtige leerders wat geseën is met wonderlike talente en ons bring eer aan ons Hemelse Vader vir nog ‘n suksesvolle EHS-Groentjiekonsert!

Foto bo: Die groep dirigente van EHS

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal