Op Donderdag, 11 Julie, praat 13 van die Erries se redenaars by die Nasionale rondte van 2019 se Artisticulta-redenaars.
Om aan hierdie groot geleentheid deel te neem, is op sigself ān eer, maar die Erries presteer nietemin uitstekend en 9 behaal uitstekende plekke:
In die graad 8-Engels Voorbereide-afdeling behaal Johnke Prinsloo ān sesde plek. Amy Greyling behaal ān sesde plek in die graad 11 Afrikaans voorbereide-afdeling en Cornus van den Berg ān vyfde plek in die graad 12-Afrikaans voorbereide-afdeling.
Die Erries se Juniorspan, Johnke Prinsloo, Mienke Cloete, ZanĆ©ke Ludick en ZanĆ© du Plessis behaal ān algehele tweede plek landswys in die Junior Afrikaans voorbereide-afdeling.
HoĆ«rskool Ermelo se seniorspan, Marni Prinsloo, Francois du Plessis, Amy Greyling en Zara Büchling behaal ook ān tweede plek in Suid-Afrika in die Senior Afrikaans voorbereide-afdeling.
Baie geluk aan al die redenaars.
EHS is trots op elkeen.
Julle hou die Erries se naam hoog!
(Sittende, vlnr): Anja Wege, Johnke Prinsloo en Francois du Plessis
(Staande, vlnr): Zara Büchling, Amy Greyling, Cornus van den Berg, Marni Prinsloo, Zané du Plessis, Mienke Cloete, Zanéke Ludick, Karabo Nkosi, Anke van Biljon en Lungelo Zikalala.
Become a Sponsor









