Alana Leibbrandt, graad 9-leerder van Hoërskool Ermelo, het op 13 en 14 Oktober 2017 aan die Gert Sibande Hoëveld Tennisproewe deelgeneem te Secunda.
Sy eindig algeheel derde en is gekies vir die o/18-Hoëveldspan.
Baie geluk, Alana! Ons is besonder trots op jou!