Die laaste hengelliga wat deur Noord-Oos Mpumalanga aangebied is, het Saterdag, 14 Oktober 2017 by Dewald te Water se pan plaasgevind.
Hoërskool Ermelo eindig algeheel tweede en Rico Jordan behaal ook ‘n individuele tweede plek.
Die volgende seuns het gehengel. Baie geluk aan die seuns wat deel was van hierdie besonderse span: Divan Lourens, Rico Jordan, Zander de Beer, Jake Hoffeldt en AJ Joubert.
Dankie aan al die seuns se toewyding en deelname vir die jaar. Die Erries is besonder trots op jul!
Foto hierbo: Rico Jordan