Op Vrydag, 31 Mei en Saterdag 1 Junie, het Hoƫrskool Ermelo se Calstar eerste netbalspan en die o/14A-span aan die MSN-kampioenskap te Rob Ferreira deelgeneem.
Die o/14A-span eindig eerste in hul afdeling en verower ān algehele vierde plek in Mpumalanga. EHS en HoĆ«rskool Lydenburg speel gelykop met 12 doele elk.
EHS wen Hoƫrskool Generaal Hertzog 10-5 en Hoƫrskool Penryn 20-4. Teen HTS Middelburg wen EHS 17-12, maar verloor ongelukkig 6-14 teen Hoƫrskool Secunda en 7-15 teen Hoƫrskool Nelspruit.
HoĆ«rskool Ermelo se Calstar eerste netbalspan spog na die kampioenskap met ān silwer medalje in die plaat-afdeling. DiĆ© span speel ook gelykop teen HoĆ«rskool Lydenburg met 27 doele elk. Die Erries verloor 25-31 teen HoĆ«rskool Generaal Hertzog, maar wen 71 – 32 teen Lowveld.
EHS ryg twee pragtige oorwinnings in teen Hoƫrskool Kanonkop en Hoƫrskool Rob Ferreira met tellings van onderskeidelik 55-11 en 34-21. Teen Hoƫrskool Secunda verloor die Erries ongelukkig 19-23.
Baie geluk en dankie aan me. Sunet Nel (o/14A-afrigter), me. Lynelle Grobler (eerstespan afrigter) en al die spanne vir ān pragtige netbalseisoen wat op ān hoĆ« noot afgesluit is.
EHS is besonder trots op elkeen van julle!
Vlnr: Madison Botha, U-vande Nortje, Noluthando Mkhonza, Zara BĆ¼chling, Marni Prinlsoo, Amy Greyling, Lungelo Vilakazi en Kholeka Mngemezulu.