Dorette Badenhorst, welbekende afrigter en speler in netbalkringe, het vir ān paar dae die netbaldogters van HoĆ«rskool Ermelo kom touwys maak,
Haar nuwe aanslag en ongelooflike ervaring en kennis het sy met groot entoesiasme met die Erries gedeel wat die ene ore was!
Daar is tot laat in die aande hard gewerk en die Erries het dit baie geniet en baie kennis opgedoen.
EHS se netbal-afrigters wil graag vir Dorette en haar span baie dankie sĆŖ vir hul tyd en opoffering om ons netbal te verbeter.
Op die foto’s:
Dorette Badenhorst demonstreer van die oefeninge en tegnieke