Van die EHS-landbouleerders wat nuuskierig dop hou wat gebeur tydens die veiling.
Op Woensdag 31 Julie het die graad 10-landbouleerders van Hoërskool Ermelo die Oos-Tranvaalse Bul-veiling te Ermelo Skougronde bygewoon.
Die leerders kon die onderskeie beesrasse van nader beskou en het meer geleer oor elke ras se unieke eienskappe.
Hulle het tydens dié uitstappie ook eerstehands beleef wat die pryse vir die verskillende bulle en beesrasse is.
Dit was vir die leerders ‘n nuwe en opwindende leerskool.