Op Donderdag, 30 Augustus, het die graad 10-Landbouleerders van Hoërskool Ermelo, die geleentheid gehad om saam met Mnr. Leon Saaiman by die Kleynhans-Voerkraal eerstehandse ondervinding te kon bekom.
Die leerders het praktiese oefening gekry oor hoe om die kalwers voor te berei vir ‘n voerkraal. Mnr. Henry Leonard van Zoetis het ook die leerders meer oor veemedisyne geleer en die produkte wat gebruik is ter voorbereiding aan die leerders verduidelik.
Elke leerder het ‘n kalf hekry om in te ent, te doseer en ‘n oorplaatjie aan te sit. Hulle het ook geleer oor die algemene hantering van diere in ‘n voerkraal.
Die Erries is met vuil gesigte, maar gelukkige harte huis toe.












