Vir die afgelope vier jaar neem die Hoërskool Ermelo deel aan die Kunskompetisie wat deur die Departement van Onderwys geloods word.
Elke jaar het ‘n tema waarvolgens die leerders beoordeel word. 2018 se tema was “Boxed Beautiful” en leerders moes kunswerke skep deur ‘n boks as medium te gebruik. Verskeie skole neem jaarliks deel en die werke word deur ‘n paneel van die Departement beoordeel.
Op Dinsdag 21 Augustus woon die EHS-kunsleerders die prysuitdeling en uitstalling van die werk by te Mbombela Kunsgalery in Nelspruit.
Die Erries presteer uitstekend en ses van EHS se leerders eindig onder die Top 20 in Mpumalanga. Die graad 11-leerders is Baruch Büchling en Anja Hobbs. In graad 12 is dit Vandré Swart, Liezl Roos, Sorita Holtshauzen en Leandri Stoltz.
Die EHS is trots op hierdie leerders en hul onderwyser, me. Carin van der Merwe, wat hul Godgegewe talent blink vryf.
Voor (vlnr): Anja Hobbs, Leandri Stoltz en Liezl Roos
Agter (vlnr): Vandré Swart, Sorita Holtahausen en Baruch Büchling
Become a Sponsor









