HoĆ«rskool Ermelo se o/14-krieketspan het Maandag, 4 September 2017 Hoogenhout die stryd aangesĆŖ. Die Erries boul eerste en boul Hoogenhout uit vir 45 lopies. Danie Theron, Hendrik Louwrens en Lourens Erasmus het elk 2 paaltjies gevat.
Die openingskolwers van die Erries steek die totaal vinning verby. Danie Theron se 26 lopies (n.u.n.) saam met Christiaan Arnoldi se 11 lopies (n.u.n.) het slegs in 4 boulbeurte die nodige lopies opgemaak om die Erries ān oorwinning in die sak te laat steek.
Saterdag, 10 September 2017 het die Erries se o/15-krieketspan Hoƫrskool Standerton en die Eerstespan Hoƫrskool Oosterland op die Erries se tuisveld ontvang.
By die o/15ās het die Erries eerste veldwerk gedoen en hul opponente tot 178 lopies, almal uit, beperk. Al die Errie-boulers het paaltjies geneem met Luke Bulford en Danie Theron wat elk met drie paaltjies spog! Toe die Erries daarna die kolwe optel, het hul dit moeilik gevind en kon slegs 101 lopies aanteken. Die Erries verloor dus ongelukkig met 77 lopies. Alhoewel dit die eerste nederlaag vir die seisoen is, is diĆ© span goed op dreef!
Ermelo HoĆ«rskool se Eerstespan het die loot gewen en besluit om HoĆ«rskool Oosterland eerste in te stuur om te gaan kolf. Oosterland het ān goeie telling van 240 lopies op die telbord gesit.
Die Erries moes hard werk, maar het soos altyd goeie karakter gewys! Die Erries stap met ān oorwinning van die veld af met 4 paaltjies!
Baie geluk aan die Erries en dankie aan elke seun wat sy hart uitgespeel het.
Foto hierbo: Jan-Hendrik Swart (Eerstespan)