Hoërskool Ermelo se o/14-krieketspan het Maandag, 4 September 2017 Hoogenhout die stryd aangesê. Die Erries boul eerste en boul Hoogenhout uit vir 45 lopies. Danie Theron, Hendrik Louwrens en Lourens Erasmus het elk 2 paaltjies gevat.

Die openingskolwers van die Erries steek die totaal vinning verby. Danie Theron se 26 lopies (n.u.n.) saam met Christiaan Arnoldi se 11 lopies (n.u.n.) het slegs in 4 boulbeurte die nodige lopies opgemaak om die Erries ‘n oorwinning in die sak te laat steek.

Saterdag, 10 September 2017 het die Erries se o/15-krieketspan Hoërskool Standerton en die Eerstespan Hoërskool Oosterland op die Erries se tuisveld ontvang.

By die o/15’s het die Erries eerste veldwerk gedoen en hul opponente tot 178 lopies, almal uit, beperk. Al die Errie-boulers het paaltjies geneem met Luke Bulford en Danie Theron wat elk met drie paaltjies spog! Toe die Erries daarna die kolwe optel, het hul dit moeilik gevind en kon slegs 101 lopies aanteken. Die Erries verloor dus ongelukkig met 77 lopies. Alhoewel dit die eerste nederlaag vir die seisoen is, is dié span goed op dreef!

Ermelo Hoërskool se Eerstespan het die loot gewen en besluit om Hoërskool Oosterland eerste in te stuur om te gaan kolf. Oosterland het ‘n goeie telling van 240 lopies op die telbord gesit.

Die Erries moes hard werk, maar het soos altyd goeie karakter gewys! Die Erries stap met ‘n oorwinning van die veld af met 4 paaltjies!

Baie geluk aan die Erries en dankie aan elke seun wat sy hart uitgespeel het.

Foto hierbo: Jan-Hendrik Swart (Eerstespan)

 

 

Become a Sponsor