Errie-groentjies. Die Errie-groentjies het die gemeenskap weer in verwondering! Op Maandag, 18 Maart, het dié gróót tradisie van die jaarlikse EHS-groentjies plaasgevind. Die kompetisie tussen Huis Veltman, Nelstehuis en Huis Adriani het in goeie gees plaasgevind, ten spyte van die liefde en toewyding van elke leerder vir hul afsonderlike huis.
Dit is die graad 12’s se verantwoordelikheid om binne ’n week vir die graad 8’s ’n konsert te skryf en af te rig. Hulle moes ook dekor bou, kostuums maak, danse uitwerk en afrig, klank en beligting hanteer en ’n suksesvolle produksie op die planke bring.
Die temas word aan die graad 12’s gegee waarvolgens hulle die konsert moet skryf. Hierdie jaar se temas was: toegewydheid, advertensie vir skakel tot ketting, ’n nuusberig, Dricus du Plessis + Po (Kung Fu Panda) = 110% en ’n graad 8-groepdans.
Daarmee saam is die huise se graad 9 tot 11’s deel van die huisdans, onder leiding van die verskeie huise se dirigente. Hierdie groepe beeld elk ’n self-verkose tema uit en die optogte en danse sorg altyd vir hope opwinding.
Die uitslae is as volg:
- Algehele wenners: Huis Veltman
- Beste konsert: Huis Veltman
- Beste huisdans: Nestehuis
- Beste dirigente inkoms: Nelstehuis
- Beste hulpdirigente: Huis Veltman
- Tema beste uitgebeeld (Skakel tot ketting): Huis Veltman
- Beste advertensie: Huis Veltman
- Beste kostuums: Nelstehuis
- Beste dekor: Nelstehuis
- Beste groentjiesdans in konsert: Huis Veltman
- Beste humor in storie: Huis Veltman
- Beste nuusberig: Huis Veltman
- Beste storieverteller: Huis Veltman
- Beste akteur: Johanco Griesel (Huis Veltman)
- Beste aktrise: Julie Uys (Nelstehuis)
- Beste gebruik van verrassingselement: Huis Adriani
- Meriete Toekenning: Connor Erasmus (Huis Veltman)
“Baie geluk aan elke huis met hul kreatiewe konserte, danse en dirigente. Die moeite, harde werk en toewyding wat elkeen ingesit het, getuig van ware Errie-gees.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf