)

Errie-groentjies – Hoërskool Ermelo groentjies konsert

Errie-groentjies. Die Errie-groentjies het die gemeenskap weer in verwondering! Op Maandag, 18 Maart, het dié gróót tradisie van die jaarlikse EHS-groentjies plaasgevind. Die kompetisie tussen Huis Veltman, Nelstehuis en Huis Adriani het in goeie gees plaasgevind, ten spyte van die liefde en toewyding van elke leerder vir hul afsonderlike huis.

Dit is die graad 12’s se verantwoordelikheid om binne ’n week vir die graad 8’s ’n konsert te skryf en af te rig. Hulle moes ook dekor bou, kostuums maak, danse uitwerk en afrig, klank en beligting hanteer en ’n suksesvolle produksie op die planke bring.

Die temas word aan die graad 12’s gegee waarvolgens hulle die konsert moet skryf. Hierdie jaar se temas was: toegewydheid, advertensie vir skakel tot ketting, ’n nuusberig, Dricus du Plessis + Po (Kung Fu Panda) = 110% en ’n graad 8-groepdans.

Daarmee saam is die huise se graad 9 tot 11’s deel van die huisdans, onder leiding van die verskeie huise se dirigente. Hierdie groepe beeld elk ’n self-verkose tema uit en die optogte en danse sorg altyd vir hope opwinding.

Die uitslae is as volg:
  • Algehele wenners: Huis Veltman
  • Beste konsert: Huis Veltman
  • Beste huisdans:  Nestehuis
  • Beste dirigente inkoms: Nelstehuis
  • Beste hulpdirigente: Huis Veltman
  • Tema beste uitgebeeld (Skakel tot ketting): Huis Veltman
  • Beste advertensie: Huis Veltman
  • Beste kostuums: Nelstehuis
  • Beste dekor: Nelstehuis
  • Beste groentjiesdans in konsert: Huis Veltman
  • Beste humor in storie: Huis Veltman
  • Beste nuusberig: Huis Veltman
  • Beste storieverteller: Huis Veltman
  • Beste akteur: Johanco Griesel  (Huis Veltman)
  • Beste aktrise: Julie Uys (Nelstehuis)
  • Beste gebruik van verrassingselement: Huis Adriani
  • Meriete Toekenning: Connor Erasmus (Huis Veltman)

“Baie geluk aan elke huis met hul kreatiewe konserte, danse en dirigente. Die moeite, harde werk en toewyding wat elkeen ingesit het, getuig van ware Errie-gees.”

Nelstehuis se dirigente as “Brandweer”
Huis Veltman se dirigente as “Boksvegters”
Al die huise se dirigente
Van links: Anathi Mtawali, Michelle van der Merwe en Anele Dladla (Adriani)
Kaeleigh Botes, Zanneske de Beer, Marchelle de Beer, Imvelo Mathebula (Adriani) Werné Engelbrecht (Adriani)
Ineke Theron, Marchelle de Beer en Michelle van der Merwe (Adriani) : Connor Erasmus (Huis Veltman)
Keagan Low (agter) en Trompie van den Heever (voor) (Huis Veltman) Hardus Lourens (Huis Veltman)
Floors Boshoff, Janu van Biljon, Deandré Diedericks (Huis Veltman)
Julie Uys, Carla Burgers, Lindy Lombard, Kara McKenzie (Nelstehuis)
Carla Burgers, Lindy Lombard, Kara McKenzie en Julie Uys (Nelstehuis)
Lané Coetzer en Lizé van der Merwe (Nelstehuis)
Liané Cilliers, Kelly Gericke (Nelstehuis)

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal