Baie geluk aan Walter Visser wat gekies is vir die o/17 Puma 7’s-rugbyspan. Dié span neem aan ‘n toernooi te Potchefstroom deel vanaf 24 tot 29 September.
Walter is ook gekies vir die Centurion Warrior-7’s-span wat aan die Emirates Dubai 7’s International-toernooi gaan deelneem wat in November en Desember plaasvind.
Baie geluk, Walter! Dit is ‘n uitsonderlike prestasie waarop die Erries baie trots is!
Foto: Walter Visser