Erkenning. Hoërskool Langenhoven in Riversdal het op Vrydag, 22 Oktober ‘n baie gesogte geleentheid vir hul graadleerders aangebied. Elke graad se toppresteerders is beloon vir hulle harde werk gedurende die jaar.
Gr. 12 –Sunica Tesner (1 ste klasposisie)
Sunica ontvang erkenning in volkleure vir akademie. Sy behaal ‘n gemiddeld van 90,5%. Sy ontvang die Ferreira-beker vir die beste prestasie in graad 12. The Henya Stander Trophy for the best Achievement in English grade 12. Die Krüger beker vir die beste prestasie in Fisiese Wetenskappe graad 12. Sunica ontvang ook die Elmarie Vosloo beker vir die beste prestasie in Lewenswetenskappe graad 12. In Lewensoriëntering graad 12, ontvang sy die Wesbeker as erkenning vir die beste prestasie. Die Tuinroete Wynboutique beker vir die beste prestasie in Fisiese Wetenskappe en Wiskunde graad 12 word ook aan haar toegeken.
Gr. 11 – Rosa van Zyl (1ste klasposisie)
Rosa behaal erkenning in volkleure vir Akademie. Haar gemiddeld was 95.6%. Sy behaal die beste prestasie in Afrikaans Huistaal (92,25%). English First Additional Language (96,25%). Wiskunde (97%). Rekeningkunde (94,5%). Fisiese Wetenskappe (94,3%) en Lewenswetenskappe (97,8%)
Gr. 10– Irmari Oosthuizen (1ste klasposisie)
Irmari behaal volkleure vir Akademie. Sy behaal ook ‘n gemiddeld van 93.3%. Die beste prestasie erkenning word aan haar toegeken vir Wiskunde (99%). Sy blink ook uit in Rekeningkunde (96.3%) en Fisiese Wetenskappe (94.3%).
Gr. 9 – Inga Rall (1ste klasposisie)
Inga behaal ‘n gemiddeld van 97.1%. Sy ontvang erkenning vir die beste prestasie in Afrikaans Huistaal (93.5%). English First Additional Language (96.8%). Wiskunde (99%). Ekonomiese Bestuurswetenskappe (99.5%). Natuurwetenskappe (96.8%). Kuns en Kultuur (100%) en Sosiale Wetenskappe (96.8%)
Gr. 8 – Jean-Mari Janse van Rensburg (1ste klasposisie)
Jean-Mari behaal ‘n gemiddeld van 91.4. Sy blink ook uit in die beste prestasie in Lewensoriëtering (94.3%) en Natuurwetenskappe (93.8%).
Meer oor Hoërskool Langenhoven: