)

Erika Steyn – Leerders van OMS se pligsgetroue ingesteldheid bly haar by

Erika Steyn. Om vir Roger Federer op Wimbledon te sien tennis speel en Oranje-dogters se pligsgetroue ingesteldheid is twee goed wat me. Erika Steyn altyd van haar onderwysloopbaan sal koester. Sy het in 2014 ’n tennistoer na Londen meegemaak.

Twintig jaar by Oranje

Me. Steyn, wat RTT, Rekenaartik en Afrikaans onderrig het, tree nou af. Sy was 20 jaar ’n personeellid by Oranje. Buitemuurs wat sy die organiseerder van die Dink-of-Sink-debatskompetisie en betrokke by tennis, netbal, bloedskenk en ’n atletiekbeampte. Sy was ook hoof van SASAMS (SA School Administration and Management System) by die skool. Sy was bekend vir haar lekker lag en vir ’n hekel- of breipen wat altyd byderhand was.Volgens me. Steyn is slegs mnre. Fourie en Bosch en mev. Jacobs, me. Cloete en me. Theron nog oor van 2002 se personeel. “Van die grootste veranderinge is die skool se groei van 90 leerders per graad na sowat 150 deesdae. Die tegnologie het baie verbeter.

Tyd met vriende

’n Nuwe drama-ateljee is gebou, twee Verbruikerstudieklasse het bygekom en die skool se netbal het ’n krag geword. ”Me. Steyn sê sy sal die saalopeninge, sporttoere, pragtige tuine en orde mis. Sy sien uit daarna om tyd saam met vriende te spandeer, familie te besoek, blomme te gaan kyk en om rustig te wees. “Ek gaan nie die vorms se invul, merkwerk en eksamentoesig mis nie. As ek vir elke rapport of vorm waarop ek moes teken R1 kon verdien, was ek vandag ’n miljoenêr!” Haar boodskap aan die leerders is om hulle nie met ander moet vergelyk nie. “Wees die beste jy. Jy moet meer verdraagsaam teenoor ander wees en koester die geleenthede wat jy by Oranje kry. Wees nóú gelukkig, moet nie wens jy was in ’n ander tyd of by ’n ander plek nie.”

– Deur Carla Fourie (OMS-redaksielid)

Foto’s verskaf

Foto’s verska

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za/ons-skool/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal