English First Additional Language. 🎓 Outeniqua-leerder blink uit in Engelse Olimpiade.
Ogilvie Botha, leerder van Hoërskool Outeniqua in George, het die land laat kennis neem van sy talent en toewyding. Hy het ‘n merkwaardige derde plek te behaal in die English First Additional Language Olimpiade. Die landswye kompetisie het van 30 Junie tot 3 Julie in Grahamstad plaasgevind. Ongeveer 5000 leerders van regoor Suid-Afrika is na hierdie olimpiade gelok.
Ogilvie se uitsonderlike prestasie getuig nie net van akademiese uitnemendheid nie, maar ook van sy harde werk en liefde vir taal. Deur homself te onderskei op nasionale vlak, dien hy as ’n inspirasie vir sy mede-Kwaggas en bewys hy dat toewyding en passie werklik vrugte afwerp.
Die Outeniqua-gemeenskap is ongelooflik trots op Ogilvie. Sy prestasie is ’n bewys van die gehalte leer en ondersteuning wat by die skool bevorder word.
Baie geluk, Ogilvie! Jy het George se harte en standaarde verhoog!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








