Elsie Coetzer Hokkietoernooi. Sekondêre Meisieskool Oranje se o.14B-hokkiespan het verlede week op die Elsie Coetzer Hokkietoernooi in Bloemfontein koning gekraai. Die span het teen skole se o.14A’s meegeding.
Oranje se uitslae:
- Wen 1-0 teen Hoërskool Rustenburg
- Wen 1-0 teen Hoërskool Duineveld
- Wen 1-0 teen Bethlehem Voortrekker Hoërskool
- Gelykop 1-1 teen Hugenote
- Wen 2-1 teen Hugenote in die eindstryd
Oranje se o.18C’s, wat teen skole se B-spanne gespeel het, het op dieselfde toernooi 3 van hul 7 wedstryde gewen en 2 gelykop gespeel. Simoné Marx van Oranje is as die verdediger van die toernooi aangewys.
Die o.16C’s het 1 wedstryd gewen, 2 gelykop gespeel en 4 verloor.
Zanelle Viljoen is vir die ECHS-uitnodigingspan gekies wat na Nederland sal toer.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf