Elements of Dance SA. Drie leerders van Primêre Skool Naudeville in Welkom, Dominique Joubert, Chelsea Joubert en Anandi Jacobs het skitterend presteer tydens die Elements of Dance SA kompetisie. Hulle het 4 Junie by die Ernest Oppenheimer Teater deelgeneem.
Die volgende prestasies is behaal:
Dominique joubert het ‘n silver 🥈 in Jazz en goud🥇in HipHop ontvang.
Chelsea Joubert het ‘n goud🥇 in Jazz en brons🎖️ in HipHop ontvang.
Anandi Jacobs het goud🥇 ontvang vir haar akrobatiese dans.
Daar was 78 dansers en Anandi het die trofee gekry vir die junior danser met die hoogste telling!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf