Elanie Brand van Hoërskool Upington, is ‘n tennisspeler met talent
Elanie Brand, ‘n leerling van Hoërskool Upington, het die afgelope vakansie aan die Mpumalanga Grand Prix Junior Tennis Ope 0/16 gaan deelneem. Sy slaag daarin om die toernooi te wen, waar sy in die semi-finaal asook in die finaal 2 ITF tennisspelers uitgeskakel het. Sy eindig 1ste in die enkels. Elanie en haar dubbelmaat eindig 2de in die dubbels. Wat hierdie toernooi so uitsonderlik maak, is dat die wenner in hierdie ouderdomsgroep ‘n reis Amerika toe wen in Julie 2018. Hierdie reis sluit die volgende in: 2 weke van afrigting teen top junior, asook Pro- spelers by die Wilson Internasionale Kamp in New Orleans, asook deelname aan die UTR toernooi.
Baie geluk aan Elanie met hierdie pragtige prestasie. Uppies is trots op jou!