Eksamentegnieke. Doktor Emsie Rheeders, bekende onderwys-spesialis, het Maandag, 1 Augustus haar kursus, “Hoogs Effektiewe Studie- en Eksamentegnieke” vir die graad 8 en 12 leerder van Hoër Landbouskool Marlow aangebied.
Die kursus is maar een van die maniere waarop leerders en personeel voorberei word om akademies te presteer. Marlow sien daarna uit om Dr Emsie vroeg in 2023 weer op Marlow te verwelkom.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf