Op Vrydag 19 en Saterdag 20 Oktober het Hoërskool Ermelo se tennisspelers deelgeneem aan die Hoëveld tennisproewe in Secunda.
Die seuns o/15: Rynard Herholdt behaal ‘n eerste plek, Tobie Leibbrandt was sesde, Pieter Leibbrandt sewende en Christiaan Wege elfde uit 17 deelnemers. Al vier hierdie seuns is in graad 8.
Uit elf deelnemers eindig Alana Leibbrandt (graad 10) vyfde in die dogters o/18-afdeling.
Seuns o/18: Jacques Erlank (graad 11) vyfde, Japie-Chris Groenewald (graad 10) sewende, Danie van Rooyen (graad 10) agtste en Andre-Dale Groenewald (ook graad 10) negende uit twaalf deelnemers.
Die Erries is baie trots op elke Errie wat deelgeneem het.