EHS Tennis. Die Erries se tennisspanne het Dinsdag, 22 Augustus, in die Mpumalanga Tennisfinaal deelgeneem te Hoërskool Secunda. Al die spanne van Hoërskool Ermelo het in die finaal teen Hoërskool Nelspruit gespeel en EHS se naam hoog gehou.
Die Erries behaal die volgende uitslae:
- Die eerste-, tweede- en derdespan seuns eindig almal tweede
- Die vierde- en vyfdespan seuns wen die Mpumalanga-finaal
- Die tweede-, derde- en vierde span dogters behaal tweede plekke
- Die vyfde span dogters eindig eerste in Mpumalanga
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf