Edrich Beyer van Hoërskool Ermelo, is aanvanklik vir die o/15-seunshokkie-bokkiespan gekies, maar is net voor die vakansie na die o/16B- Mpumalangaspan opgetrek.
Dié span het aan ‘n toernooi te Jeppe High School for Boys in Johannesburg deelgeneem.
Van die ses wedstryde het hulle twee gewen, drie verloor en een gelykop gespeel.
Edrich het onderskeidelik verdediger en skakel gespeel.
Baie geluk en dankie dat elkeen die naam van EHS hoog gehou het tydens die toere.
Foto: Edrich Beyer
Become a Sponsor









