)

EHS-seunshokkie presteer by Bokkie-week

Tydens die Junie-vakansie is Gedeon Boersema en Christian Venter van Hoërskool Ermelo, in die o/15-seunshokkie se bokkiespan ingesluit. Die span het aan ‘n toernooi in Naboomspruit deelgeneem. Hulle het nege wedstryde gespeel waarvan hulle agt gewen en een gelykop gespeel het.

Die span eindig eerste in hulle ouderdomsgroep. As regtervleuel het Gedeon altesaam sewe doele vir die span aangeteken en Christian het as doelwagter menige van die teenstanders se pogings om punte aan te teken, in die wiele gery.

Willie Harmse en Adriaan Olivier het ook aan die Bokkieweek in Naboomspruit deelgeneem as deel van die o/19-span. Dié span het vyf wedstryde gespeel waarvan hulle drie verloor en twee gewen het en eindig sesde in die toernooi.

Willie het linker-verdediger, asook linker-skakel gespeel en Adriaan middel-voor. Laasgenoemde het twee doele vir die span geskiet.

Foto: Willie Harmse, Christiaan Venter en Gedeon Boersema (Adriaan Olivier afwesig tydens neem van foto)

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal