Tydens die Junie-vakansie is Gedeon Boersema en Christian Venter van HoĆ«rskool Ermelo, in die o/15-seunshokkie se bokkiespan ingesluit. Die span het aan ān toernooi in Naboomspruit deelgeneem. Hulle het nege wedstryde gespeel waarvan hulle agt gewen en een gelykop gespeel het.
Die span eindig eerste in hulle ouderdomsgroep. As regtervleuel het Gedeon altesaam sewe doele vir die span aangeteken en Christian het as doelwagter menige van die teenstanders se pogings om punte aan te teken, in die wiele gery.
Willie Harmse en Adriaan Olivier het ook aan die Bokkieweek in Naboomspruit deelgeneem as deel van die o/19-span. DiƩ span het vyf wedstryde gespeel waarvan hulle drie verloor en twee gewen het en eindig sesde in die toernooi.
Willie het linker-verdediger, asook linker-skakel gespeel en Adriaan middel-voor. Laasgenoemde het twee doele vir die span geskiet.
Foto: Willie Harmse, Christiaan Venter en Gedeon Boersema (Adriaan Olivier afwesig tydens neem van foto)