EHS Rugby. Op Saterdag, 23 Oktober, het die Erries ‘n glansryke rugby-kuieraand te Perdekraal aangebied.
Blitzbok-legendes, Impi Visser en Phillip Snyman, was die eregaste van die EHS Rugby aand. Die bekende Andries Vermeulen was die geleentheid se seremoniemeester. Terwyl die gaste heerlik sosiaal verkeer het, en nog lekkerder geëet het, het Andries interessante gesprekke met die rugby-legendes gevoer. Hy het ook die gaste laat skater met sy kwinkslae.
Na afloop van die informele-kuiersessie, het Andries die veiling behartig waartydens rugby-memorabilia opgeveil is.
Hoërskool Ermelo is dankbaar vir die ondersteuning en deelname vanaf die Ermelo gemeenskap, asook die borge wat verseker het dat dié kuier-aand ‘n reuse sukses was: PanSolutions (hoofborg), Perdekraal, De Wit Motors, Performance Marketing & Safesure, Pam Golding, Maximum Risk, Totally Gas, TWK Motors, ACSU, Chabo & Joubert Aircon Bethal, HD Group, Jan-Willem Lotz, TW Stene Trichardt, AHG Nel Vervoer, West Street Guesthouse, iNews en dr. Johan van der Poel.
Foto verskaf
Lees meer oor EHS: