Die o/15A-rugbyspan.
Op Vrydag, 9 Augustus, het die Erries se o/15A-rugbyspan te staan gekom teen Hoƫr Volkskool, Potchefstroom. Hierdie was die semifinaal van die Virseker Beker-uitspele.
Ongelukkig het die Erries die stryd verloor met 38-17. Armand du Preez en Diederik van der Walt druk elk een drie. Wian Swart verdoel beide drieƫ en Marius Nel skop een strafskop oor.
Ondanks die welslae van die teenstanders, is EHS steeds besonder trots op die o/15A-span wat ver gevorder het in die seisoen en met Errie-harte elke wedstryd aangepak het.
Baie geluk aan elkeen van die seuns en aan mnr. Pieter Grobler en mr. Vincent Sonnekus wat die span se afrigters was.