Hoërskool Ermelo is opreg trots op hul netbaldogters wat gekies is vir die volgende Bokkie-netbalspanne:
o/14-span: Johnke Prinsloo, Mari-Zel Fourie en Mandi Swart.
Nadia Kluyts en Zara Büchling is onderskeidelik gekies vir die o/16- en die o/19-spanne.
Baie geluk aan hierdie dogters!
Voor vlnr: Mandi Swart, Johnke Prinsloo en Mari-Zel Fourie
Agter: Zara Büchling (links) en Nadia Kluyts.