EHS Inter Africa tennistoernooi: EHS se tennisspanne het vanaf 1 tot 4 September deelgeneem aan die Inter Africa tennistoernooi in Bethlehem.
Die leerders se tennis het baie ontwikkel gedurende die toernooi. Hulle het uitstekende blootstelling gekry teen skole soos Waterkloof, Cradock, Voortekker, Linden, Oranje Meisieskool, Afrikaans Meisies Hoƫr en Marlow.
Dit was ān wonderlike geleentheid vir al die skole se leerders om weer te kon deelneem. Nuwe vriendskapsbande is gesmee, nadat die grendeltyd baie aktiwiteite in die wiele gery het.