EHS krieket. Erries se /15A-krieketspan het Maandag, 12 Oktober, te staan gekom teen Hoërskool Piet Retief. Hoërskool Ermelo kolf eerste en teken 158 lopies aan vir 6 in die toegelate 20 boulbeurte. Hoërskool Piet Retief word na slegs 14.2 boulbeurte uitgeboul. Hulle het 86 vir 10 aangeteken. Die Erries wen dus met 72 lopies.
EHS se uitblinkers as kolwers was Edwin Smit met 42 lopies en Carel Jacobsz met 34 lopies. Erries se boulers wat uitgestaan het was Riël Hugo, Erik Pretorius en Tredoux Ferreira wat twee paaltjies elk geneem het.
Die poel waarin EHS deelgeneem het, het betstaan uit Hoërskool Ermelo, Hoërskool Piet Retief en Ligbron Akademie vir Tegnologie.
Die Erries is besonder trots op hul o/15A-krieketspan wat, na aanleiding van die liga-wedstryde. eerste in die poel eindig.
Welgedaan, manne!
Lees meer oor Erries: