)

EHS groet Elsa Matthee – Hoërskool Ermelo

EHS groet Elsa Matthee. Elsa het in 1987 by die Errie-personeel aangesluit. Mnr Spiere van Rensburg was toe die hoof van Erries. Sy het begin diens doen by Adriani.

Elsa was betrokke by atletiekafrigting, tennis, trompoppieafrigting en – bestuurder. Sy het ook ‘n groot bydrae gelewer tot die sosiale – en verversingskomitees.

Die vak verander in 1992 na Huishoudkunde na Hotelhouding.  In Januarie 1996 word die Errie Supréme se deure onder leiding van me Wilma van Rensburg (vakhoof) geopen.

1998 Vestig me Matthee die nuwe vak Toerisme by die Erries.  In 2002 verander die vak Hotelhouding na Gasvryheidstudies.  Hierdie vak het verskeie sjefs opgelewer en nuwe deure vir baie Erries geopen. Me Matthee was ook vir baie jare verantwoordelik vir Fisiese Wetenskap vir Graad 8.

Koshuismoeder

In 2007 word me Matthee koshuismoeder vir Adriani dogterskoshuis, wat later, in 2010 na Adriani-daghuis verander word.

Me Matthee het baie waarde toegevoeg tot die Erries op vele gebiede.  Sy is ‘n geliefde onderwyser wat, op haar spontane manier, ‘n spesiale aanklank vind by leerders.  Sy is getroud met mnr Hennie Matthee, adjunkhoof van Laerskool JJ van der Merwe.  Hulle twee kinders, George en Elsemari is ook gebore en getoë in Ermelo en het albei hulle skoolloopbane by die Erries voltooi.  Mnr en mev Matthee beplan om na Marloth Park te verhuis en ‘n rustige aftrede te geniet.

Sy beskryf haar passie as volg: “And if those children are unresponsive, maybe you can’t teach them yet, but you can love them.  And if you love them today, you can teach them tomorrow”- Jeffrey R Holland

“Die Erries neem met swaar harte afskeid van me Matthee.  Ons sal haar altyd onthou vir haar bereidheid om te alle tye in te spring, hetsy dit redenaars, funksies of enige ander gebied is.  Mag die toekoms vir jou en jou gesin baie voorspoed bring.”

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://erries.co.za

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal