Die groep graad 8’s en 9’s kunsleerders wat almal ingeskryf het vir die kompetisie.
Op Saterdag 12 Oktober het die graad 8- en 9-kunsleerders ingeskryf vir die Kaalvoet kunstefees met die tema ‘welwillendheidsaksies’.
Die Erries het as ‘n praktiese taak hierdie tema uitgebeeld deur verskeie mediums en tegnieke te gebruik, asook herwinde material. Die Erries het ‘n kontantkoopbewys van R1 000 vir die kunsklas gewen met die meeste inskrywings in ‘n kategorie. Die werke is deur twee plaaslike kunstenaars beoordeel, Soekie Human en Anita Grobler.
Die graad 9-leerders wie se werke deurgedring het na die finaal en wat sertifikate ontvang het, is: Chloë van Wyngaardt, Anzelle Vosloo, Frané Swart, Lood Geldenhuys, Carla Ferreira, Danika van Loggerenberg, Edrich Beyer, Ilandri Nel, Tiaan Grobler en Gift Mthethwa. Elandri Swart is as naaswenner aangewys vir die graad 9-groep en wen ‘n R250 kontantprys.
Die graad 8-leerders is: Daniël Mostert, Otto van Schalkwyk, Adriaan Davel, Johnke Prinsloo, Therize Reichert, Juanika Wolmarans, Ané Olivier, Nicky Botha, Zanéke Ludick, Thagang Nkareng, Desireé Slabberts, Zané du Plessis, Isabella Burgers, Dezi Struwig, Landi Erasmus en Illisna Hoffman. Die algehele wenner van kategorie B vir Hoërskole is Bianca de Jager met haar beeldhouwerk.
Baie geluk aan hierdie leerders wat Hoërskool Ermelo se naam hoog gehou en pragtig presteer het. Die Erries is trots op elkeen.