)

EHS graad 8’s en 9’s presteer by Kaalvoet Kunstefees

Die groep graad 8’s en 9’s kunsleerders wat almal ingeskryf het vir die kompetisie.

Op Saterdag 12 Oktober het die graad 8- en 9-kunsleerders ingeskryf vir die Kaalvoet kunstefees met die tema ‘welwillendheidsaksies’.

Die Erries het as ‘n praktiese taak hierdie tema uitgebeeld deur verskeie mediums en tegnieke te gebruik, asook herwinde material. Die Erries het ‘n kontantkoopbewys van R1 000 vir die kunsklas gewen met die meeste inskrywings in ‘n kategorie. Die werke is deur twee plaaslike kunstenaars beoordeel, Soekie Human en Anita Grobler.

Die graad 9-leerders wie se werke deurgedring het na die finaal en wat sertifikate ontvang het, is: Chloë van Wyngaardt, Anzelle Vosloo, Frané Swart, Lood Geldenhuys, Carla Ferreira, Danika van Loggerenberg, Edrich Beyer, Ilandri Nel, Tiaan Grobler en Gift Mthethwa. Elandri Swart is as naaswenner aangewys vir die graad 9-groep en wen ‘n R250 kontantprys.

Die graad 8-leerders is: Daniël Mostert, Otto van Schalkwyk, Adriaan Davel, Johnke Prinsloo, Therize Reichert, Juanika Wolmarans, Ané Olivier, Nicky Botha, Zanéke Ludick, Thagang Nkareng, Desireé Slabberts, Zané du Plessis, Isabella Burgers, Dezi Struwig, Landi Erasmus en Illisna Hoffman. Die algehele wenner van kategorie B vir Hoërskole is Bianca de Jager met haar beeldhouwerk.

Baie geluk aan hierdie leerders wat Hoërskool Ermelo se naam hoog gehou en pragtig presteer het. Die Erries is trots op elkeen.

Bianca de Jager en Elandri Swart met hul kunswerke

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal