Lianie Janse van Rensburg, graad 10-leerder van HoĆ«rskool Ermelo, het vanaf 31 Maart tot 7 April 2018 deelgeneem aan die SACOPA (Suid-Afrikaanse Kampioenskappe van Uitvoerende Kunste) in Rustenburg. Die Errie dans vir haarself ān plek los in die Suid-Afrikaanse span wat vanaf 2 tot 16 Julie 2018 aan die WĆŖreldkampioenskappe in Los Angeles gaan deelneem.
Lianie was lid van verskeie groepe wat plekke verwerf het. Die groepe wat goue medaljes verwerf het, is: groot Lyrical-dansgroep, groot Jazz-dansgroep en groot ballet-dansgroep. Sy was ook deel van die klein ballet-dansgroep en groot ope-dansgroep (Jazz Poms) wat elk ān silwer medalje verwerf het.
Baie geluk, Lianie! Die Erries is besonder trots op jou en sien saam met jou uit na die uitdagings wat voorlĆŖ.