Eden Hokkie IPT. Sportsterre skitter in Pietermaritzburg!
Danica Bronn, ’n briljante hokkiespeler van Hoërskool Punt in Mosselbaai, het van 7 tot 13 Julie met groot entoesiasme Eden se o.16-span by die Interprovinsiale Hokkietoernooi (IPT) in Pietermaritzburg verteenwoordig.
Met vasberadenheid en span-gees het Eden hul poel met puik spel aangedurf en tweede geëindig. Ná ’n intense semi-finaal teen Suid-Vrystaat — waar elke sekonde op die veld ’n verskil gemaak het — het die span moed gehou en ’n indrukwekkende 2-0 oorwinning teen Noordwes behaal. Eden het dus as derde algeheel uit die toernooi gestap!
Baie geluk, Danica! Jou toewyding en talent het ’n sleutelrol gespeel in Eden se sukses, en Hoërskool Punt is ongelooflik trots op jou prestasie. Jy maak jou skool én jou streek trots!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
ttps://www.pointhighschool.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








