Easter Hockey Tournament. Hoërskool Witteberg van Bethlehem se 1ste hokkiespan het hul Belgotex Fairmont Easter Hockey Tournament in Kaapstad vanoggend op ‘n hoë noot afgesluit.
Die meisies het 07:00 teen Hoërskool Hermanus uitgedraf. Witteberg het die wedstryd met 1 – 0 gewen. ‘n Totaal van 10 wedstryde is in sewe dae van die toernooi gespeel. Witteberg het uitstekend gevaar en 6 van hul wedstryde gewen.
Vyf van Hoërskool Witteberg se eerstespan-spelers is ingesluit in die internasionale toerspan. Hulle is Ivé van der Westhuizen,, Ané Beneke, Amy Kotze, Rethabile Motahane en Evané du Toit. Dit was ‘n uitstekende toer en die span sien met groot verwagting uit na die 2022 seisoen.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf