Dubai Sewes Rugby. Foto van links, agter: Renato Tosi, Shudley Rhoda, mnr H. Harmse (eerste span afrigter), Michael Kent, Herman Diedericks. Voor: Noah Enyang, Chris de Jager, Keagan Haupt, Liam de Villiers.
Agt van Parel Vallei se rugbyseuns is tans in Dubai om aan die wêreld se grootste 7’s-toernooi, Dubai Sewes Rugby, deel te neem.
Die Dubai 7’s vind jaarliks plaas gedurende die eeste naweek in Desember. Agt PV-seuns verteenwoordig die SA Warriors in die o.19 internasionale afdeling. Die SA Warriors neem vanjaar vir die tiende keer deel aan dié gesogde toernooi. Noah Enyang (PV-hoofseun) is ook aangewys as die kaptein van hierdie span!
Die spanlede:
- Renato Tosi
- Shudley Rhoda
- Michael Kent
- Herman Diedericks
- Noah Enyang
- Chris de Jager
- Keagan Haupt
- Liam de Villiers
Die skool wens dié Parel Valleiers alles van die heel beste toe vir hul eerste wedstryd wat môre, 29 November. sal afskop teen die verdedigende kampioene, die Australiese Kavaliers.
Sterkte manne – TUNGU!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








