)

Drie Ligbron A-Rugbyspanne gekroon as Mpumalanga Kampioene

7 MPU kampioene vir die Ligbron rugbyspanne

NĂ¡ afloop van die Mpumalanga finale wat op Saterdag, 20 Julie, op Ligbron se velde plaasgevind het, het Ligbron Akademie vir Tegnologie nou in totaal 7 Mpumalanga Kampioene vir 2019.Tydens die Mpumalanga finaal vir B-spanne wat op 8 Julie plaasgevind het, het 4 van Ligbron se B-spanne as kampioene uit die stryd getree. Drie van Ligbron se A-spanne ook op Saterdag in die finaal gespeel en hulle wedstryde beklink om as Mpumalanga Kampioene gekroon te word.

Die o/14A’s het teen HoĂ«rskool Secunda te staan gekom. Hulle het van staanspoor af die wedstryd oorheers en op die ou end die wedstryd beklink met ‘n pragtige wen-telling van 41-14.

Die Computer Connection o/16A’s het teen HoĂ«rskool Rob Ferreira gespeel en die wedstryd gewen met ‘n telling van 37-0.

Die Calstar Group Eerstespan het in ‘n uiters spannende stryd teen HoĂ«rskool Secunda te staan gekom. Beide die spanne het toeskouers op die punte van hulle tone gehad met aanskoulike rugby. Ligbron het die wa deur die drif getrek en die wedstryd met 17-15 beklink.

Die o/14A, o/16A en Eerste rugbyspanne van Ligbron het almal as Mpumalanga Kampioene uit die stryd getree en dring deur na die Virseker Beker uitspele vir die nommer 1 posisie. Die Nashua Highveld o/15A’s sal die nommer 3 posisie vir die Virseker Beker uitspele inneem.

Beide die o/14A’s en Eerstespan sal eerskomende Saterdag, 27 Julie in Thabazimbi aan die eerste Virseker Beker uitspele deelneem, terwyl die o/16A’s in Ellisras sal speel en die o/15A’s op Ligbron se tuisveld sal uitdraf.

Foto bo: Ligbron o/14A Rugbyspan

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĂ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĂªreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van HoĂ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĂ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĂ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĂ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĂ«rskool Sentraal