Dogterskrieket. Hoërskool Witteberg, Bethlehem, se dogterskrieketspan het vandag, 11 Februarie, in hul laaste ligabepaling kragte gemeet teen Bethlehem Voortrekker Hoërskool se dogterskrieket span.
Witteberg wen die loting en stuur Voortrekker in om eerste te kolf. BVHS se span word beperk tot 84 lopies vir die verlies van 8 paaltjies in hul gegewe 20 beurte.
Met die bal in die hand het Ziané Lottering van Witteberg se dogterskrieket span van die veld gestap as die uitblinker-bouler van die dag. Sy neem 3 paaltjies in 4 beurte en staan slegs 17 lopies af. Witteberg se kolwers het met baie bravade die veld betree. Hulle het die 85 lopies wat benodig was vir die wen in slegs 12.5 beurte behaal.
Leozé Lottering stap weereens van die veld af as die beste kolwer van die dag met haar 32 lopies van 29 balle.
Hoërskool Witteberg klop Bethlehem Voortrekker Hoërskool dus met 4 paaltjies.
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za