Dogterskrieket. Bethlehem Voortrekker Hoërskool se dogterskrieketspan het op Maandag, 31 Januarie, Hoërskool Ladybrand se dogterskrieketspan op die krieketveld aangedurf. Voortrekker teken 104 lopies aan vir die verlies van 7 paaltjies, waarna hulle Ladybrand beperk tot 67 lopies vir die verlies van 9 paaltjies.
Mikayla Fourie van BVHS teken 23 lopies aan in hul kolfbeurt. Met die bal het Marisia Craven 3 paaltjies laat kantel vir 22 lopies in haar 4 toegelate boulbeurte. Hazel-Dean Lange neem 2 paaltjies vir 18 lopies in haar toegelate 4 boulbeurte.
Trekkertrots
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Become a Sponsor









