DKA Netherlands Cricket Tour. 🏏Sentraal-leerder verteenwoordig SA op internasionale kriekettoer.
Aldo Bezuidenhout, ‘n talentvolle jong krieketspeler van Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, is tans besig om sy vaardighede op internasionale vlak te toets. Aldo is deel van die DKA Netherlands Cricket Tour 2025, aangebied deur Blue Runnings Sport International (BRSI). Hierdie toer bied aan Suid-Afrikaanse jeugspelers die geleentheid om hulself te meet teen van die beste klubspanne in Nederland. Hulle sal ook teen die Nederlandse Nasionale o.17-span speel. Hierdie span is onlangs aangekondig vir die ICC U19 Europe Division 2 Qualifier.
Die toer is nie net ‘n sportiewe uitdaging nie, maar ook ‘n kulturele ervaring. Spelers neem deel aan verskeie wedstryde, oefensessies en uitstappies. Hulle ontvang ook ‘n volledige toerpakket wat akkommodasie, maaltye, vervoer en toerusting insluit. Die doel is om jong atlete bloot te stel aan internasionale kompetisie en om hul sportloopbane te bevorder.
Die Nederlandse o.17-span, bekend as die Dutch Lions, bestaan uit ‘n sterk groep spelers van topklubs soos VCC, HBS en VOC. Aldo sal dus teen ‘n span meeding wat voorberei vir Europese kwalifisering en wat reeds ‘n reputasie het vir tegniese vaardigheid en strategiese spel.
Die Tralies is uiters trots op Aldo se prestasie en stuur hul beste wense: “Baie sterkte Aldo, Suid-Afrika is trots op jou! Mag jy elke bal met selfvertroue aanpak en elke wedstryd met waardigheid speel.”
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








